Press Article
2004 May
"Concord - The time, The season"
Publication: Huisgenoot
Byline: Ilza Roggeband
As jy die afgelope paar maande Theuns Jordaan en sy volle orkes sien optree het, het jy die voorreg gehad om die talent van Concord Nkabinde self te ervaar. Concord word beskou as een van die land se talentvolste baskitaarspelers en het op tien by sy kerk in Soweto begin optree. Sy wortels lę in gospel en hy het al die hele węreld vol gewerk. Hy is ook die baskitaarspeler wat saam met Johnny Clegg optree. The time, The season is pure luistergenot. Verbreed jou horisonne en Suid-Afrikaanse musiekversameling en kry die CD. (Drocnoc Music)